A letter of resignation, from a very important person

2009 September 30
by Sins

Now, what I’ve never quite understood is why you people blamed me for everything. It’s not as if it’s my fault. I suppose I could be partly to blame, for I was the one who supplied you with what you needed to make your whole world cave in around you, I think I just thought you wouldn’t be as foolish to actually use it the way you did. But that is no excuse, for if a parent carelessly left a gun near a young child, would that parent not then be held, at least partly, responsible for any “unpleasantness” that may arise as a result?

And I make an effort to contact you to warn you that if you continue down this path, you will not like what is at the end. What is the world coming to when less and less people believe? Although, it may be justified when I stay so far away as I am afraid to even glance at what I have created, because I feel such shame that I thrust the world upon you, while I knew you would be careless, reckless and irresponsible. You were not ready for what I gave you, and you never will be. And even after this letter, I know you will ignore every single little thing I say. Before the days of “science”, this letter would have been worshipped. But now? Now it will mean nothing, and it will drift away, it will be forgotten, lost.

It is sad, but, as a result of what the world has come to, I have had enough. You don’t appreciate me, nor do you respect me. There are many people who claim to be “my people”, but have no idea what those words mean. I’m fed up. If you don’t want me in your life, then I won’t be there, for any of you.

Goodbye.

Signed

~God.

Bron: http://authspot.com/letters/letter-of-resignation/

Need I say more?! Amen.

Check jou taalgebruik!

2009 September 25
by Sins

Ma en dogter is in winkel. Ma koop goed en sit haar handsak op toonbank neer. Dogter, omtrent so 18 jaar oud, lyk sommer so diklip en suur. Ma voltooi haar inkopies, sit beursie in handsak, maak handsak se rits toe. Ma se aandag word afgetrek deur iets en sy draai om en los vir ’n oomblik haar handsak op toonbank. Dogter gryp handsak en skree kliphard: ”J*ss*s, Ma, jou handsak!”

Koppe draai in winkel na ma en dogter toe. Kassiere kyk dogter en ma grootoog aan. Ma is bloedrooi en laat haar kop sak, vat handsak by dogter en begin uitstap. Dogter gee verwoede kyk na kassiere en res van winkel en loop brommend agterna.

O fok dogtertjie! As jy my kind was…

Ja, dit het regtig gebeur. Gister. In ‘n stampvol winkel. Ek sidder nou nog as ek dink wat ek dalk sou gedoen het as sy my dogter was, as daardie my vrou was. Ek glo nie aan klap aan kinders nie, veral nie meisiekinders nie. Ek glo wel aan ‘n goeie pak slae op die gat op sy tyd. Maar op 18+? Te laat, vir altyd te laat.

Daai meisiekind het 3 dinge gedoen waarvoor ek haar gerus ‘n paar taai klappe sou kon wou gee.

Eerstens was haar mond reeds opgeblaas toe sy saam met haar ma die winkel inkom. Hoekom, sal mens natuurlik nooit weet nie. Was dit my kind, het sy met haar dikbek buite in die motor gebly of beter nog, by die huis gebly. Ek verwonder my hoekom die ma haar saamgesleep het in die eerste plek. Of dalk het sy haar mond iewers opgeblaas omdat haar ma nie iets wou koop wat sy wou hê nie. Selfs dan bly dit onaanvaarbaar.

Tweedens het sy op haar ma geskree. In die openbaar. Nie dat ek skree op jou ma in privaatheid goedkeur nie. Maar ek keur in beginsel skree op enigiemand in die openbaar af. Geen mens het die reg om ’n ander persoon so te verneder deur op hom / haar te skree voor ander mense nie, of dit nou jou kind, ouer, werknemer of werkgewer is. Dit getuig van ‘n swak karakter. Sorteer ’n geskil in privaatheid uit.

Derdens, en eintlik vir my baie belangriker as die vorige twee – die meisiekind se taalgebruik. Ek sou heelwaarskynlik nie so sterk hieroor gevoel het as die kind ‘fok’ gesê het nie, ek is self erg lief vir daai kragwoord. Daar is egter een tipe woordgebruik as vloekwoord wat my teen die bors stuit. Die gebruik van die Here se naam. Ek duld dit nie.

Nou ja, ek weet hier is ateiste, heidene, ongelowiges en diesulkes wat blog en blogs lees en ek weet ek gaan waarskynlik die wind van voor kry by hulle hieroor, maar te moer daarmee.

Vloek soos jy wil, sê fok, sê selfs p%$s, maar moenie, MOET “N FOK NIE elke tweede derde sin in ‘n gesprek deurspek met Here, Jesus of God nie. En ek skryf dit nou hier met die grootste respek en in konteks. Hê dan ten minste respek vir ander mense se waardes, al deel jy nie dieselfde siening nie.

Hoe sal jy daarvan hou as iemand jou naam in elke tweede, derde sin gebruik as vloekwoord? Hoekom is dit geheel en al nodig om dit te doen, wat se satisfaksie kry iemand daaruit om Sy naam as kragwoord te gebruik? Ek wil nou nie hare kloof nie, maar ek is nie bewus daarvan dat daar êrens in die Bybel staan dat mens nie ’fok’ ensovoorts mag sê nie, maar daar staan wel in die Tien Gebooie dat mens nie die Here se naam ydellik mag gebruik nie.

Ek dweep nie met godsdiens nie. Ek is definitief nie by magte om vir jou enige teksverse aan te haal nie. Ek kom nie eers baie in die kerk nie. MAAR, ek glo in God. Dis vir my ’n persoonlike ding en dis vir my belangrik. Ek glo nie alles in die Bybel is waar nie, maar ek glo nie die aarde het sommer net ge-”happen” nie. Respekteer wat ek glo, veral in my teenwoordigheid, en ek sal respekteer wat jy NIE glo nie. En praat en tree op accordingly.

Ek het daardie ma bitter jammer gekry, maar ek sou meer respek vir haar gehad het as sy haar kop opgelig het, die kind in die oë gekyk het en gesê het: ”Jy praat nie so met my nie en jou taalgebruik is onaanvaarbaar.”, dan omgedraai en geloop het en sommer, for good measure, huis toe gery het sonder die kind, sodat sy haar dik lip kon af loop!

Rookwette!

2009 September 22
by Sins

Daar is geen twyfel dat rook en te veel alkohol beide skadelik is vir ‘n mens se gesondheid nie. Die negatiewe effekte van albei is reeds oor en oor bewys. Dis egter nie net die individu vir wie die gebruik van hierdie middels skadelik is nie. Die samelewing in die algemeen word ook geraak.

Die uitwerking van rook is hoofsaaklik fisies, terwyl alkoholmisbruik sielkundige en emosionele nagevolge ook het. Alkohol word direk gekoppel aan huishoudelike en ander geweld, verslawing, kindermishandeling, ensovoorts. Daar is verskeie nagevolge aan rook en oormatige alkoholgebruik verbonde. Dit is nie net die individu wat rook of drink, wie se gesondheid benadeel word nie, maar ook die mense wat saam met hulle lewe.

Families word uitmekaar geskeur deur alkoholmisbruik, broodwinners gaan dood as gevolg van rookverwante siektes. Die ekonomie in geheel ly daaronder. In 1994 het die Mediese Navorsingsraad bekend gemaak dat vir elke R1 wat die regering ontvang vir belasting op sigarette, daar R2 uitgegee word op tabakverwante siektes.

In 1996 word beraam dat die regering se inkomste uit die belasting op alkohol 570 miljoen rand was. Maar, (en dis hier waar die skaal vir my gevaarlike oorhel) – R1.7 BILJOEN rand is spandeer aan alkoholverwante trauma, siektes en verlore produktiwiteit!

Met hierdie syfers sou mens kon dink die drankwette moet BAIE erger wees as die rookwette.

So – hoe lyk ons rook- en drankwette?

Alle tabak advertensies is verban in Suid-Afrika en mense word nie meer gebreinspoel met die beelde van rook as ‘n paspoort na ‘n suksesvolle, begeerlike lewe nie. Dis in elk geval hoe die Tabakbeheerraad dinge sien. Die wet plaas sekere beperkinge op die bemarking, verkoop en gebruik van sigarette. Die mikpunt van die wet is om dit so moeilik as moontlik vir mense te maak om te rook.

(En nou vir die knock-out) Dieselfde beginsels sal toegepas word in wetgewing wat daarop gemik is om alkohol gebruik te beperk, ALHOEWEL SULKE WETGEWING NIE TANS BEPLAN WORD NIE!!!

Ek stry nie, die bewyse is daar – dit is nie veilig om blootgestel te word aan sigaretrook nie. Maar ek glo not te fok dat dit veilig is om blootgestel te word aan iemand wat te veel gedrink het.

Rook in gedeeltelike oop areas van restaurante, soos patios, verandas, balkonne en parkeerareas, is glo nou ook onwettig en die eienaar van daardie gebou kan beboet word met soveel as R50 000. Die roker kan beboet word met R500.

Fok – easy money vir die wetstoepassers. Hoekom loop jag julle nie eerder REGTE kriminele nie?! Of maak groter moeite om die dronk bestuurders van ons paaie af te hou nie.

Daar gaan nie ’n naweek verby wat ek nie dronk mense op ons paaie sien nie. Dis om van te kots. Baie is nog skaars oud genoeg om ’n lisensie te hê, wat nog van gesuip te wees!

Die regering reken die impak van die eerste rookwette was nie groot genoeg nie en mense het gewoond geraak daaraan, dus is nog strenger wette nodig. Met daardie redenasie vermoë moes ons dan nou al weer die doodstraf ook teruggebring het, want ek sien nie dat enige huidige wette ’n groot genoeg impak het op die moord, roof en verkragting syfers nie. Behalwe net dat dit erger word!

Ek vra jou net dit… Ken jy enigiemand wat al sy vrou of kind gebliksem het omdat hy onder die invloed van sigaretrook was? Of geroof het, of iemand geskiet het, of homself en dalk nog ‘n onskuldige omstander ook, bekots het, omdat hy te veel sigarette gerook het. Maak sigaretrokers op ’n gereelde basis hulle naam gat in die openbaar nadat hulle gerook het? Dink rokers sonder twyfel hulle is die oulikste, sterkste, slimste nadat hulle so drie sigarette gerook het?

Die antwoord is voor die hand liggend. Alkohol doen driedubbeld soveel skade as rook, maar plak ‘n fancy label op die bottle en sien hoe lek die mens dit op. Ons jongmense lê spookdronk op straat. Jong meisies drink slag vir slag saam met die manne en more onthou hulle nie waar hulle was en saam met wie nie. Of wat met hulle gebeur het nie.

Sigaretpakkies het waarskuwings op. Ek kan nie onthou dat ek al ooit op ‘n drankbottel ‘n waarskuwing gesien het dat dit gevaarlik is om te veel te drink nie. O ja, daar word wel in advertensies gesê – drink verantwoordelik. Maar is daar wette wat verantwoordelik drink afdwing? Wat dit amper half onmoontlik maak om onverantwoordelik te drink? NEE!

Nee wat, drink lekker, drink tot jy so dronk is soos ’n tor. Kots op jouself, op ander mense. Bliksem jou vrou en kinders. Donder jou kar om en veroorsaak sommer ‘n paar onskuldige mense se dood ook in die proses. Solank jy al hierdie net met skoon longe doen, want moet tog ’n fok net nie rook nie. Rook is ongesond vir jou!

Wake up you ignorant people!

Private Blogs

2009 September 21
by Sins

Net om seker te maak ek het nie die kat aan die gat beet nie, het ek dit gaan naslaan.

What is a blog?

In simple terms, a blog is a web site, where you write stuff on an ongoing basis. New stuff shows up at the top, so your visitors can read what’s new. Then they comment on it or link to it or email you.

Blog is short for weblog. A weblog is a journal (or newsletter) that is frequently updated and intended for general public consumption. Blogs generally represent the personality of the author or the Web site.

Personal blogs – The personal blog, an ongoing diary or commentary by an individual, is the traditional, most common blog. Personal bloggers usually take pride in their blog posts, even if their blog is never read by anyone but them. Blogs often become more than a way to just communicate; they become a way to reflect on life or works of art. Blogging can have a sentimental quality. Few personal blogs rise to fame and the mainstream, but some personal blogs quickly garner an extensive following.

(Verwys:   http://en.wikipedia.org/wiki/Blog)

Nou vra ek julle, met trane in my oë – WTF is die nut daarvan om jou blog “private” te maak.

Laat ek net gou onderskei – as jy sekere inskrywings “private” maak en jy gee die wagwoord vir uitgesoekte lesers – Cool Bananas. Daai kan ek nog verstaan.

Maar nou doen jy die donnerse moeite – en dit IS moeite – om ‘n blog te skep, ‘n tema uit te soek, alles mooi te maak, inskrywings te plaas en WOEPS! – skielik op ‘n dag sit jy alles op “private”.

HOEKOM! Is daar enige bleddie method in jou madness?

O, ek weet – hier is ‘n paar bloggers wat al hulle blogs op “private” gesit het omdat iemand op hulle batterye gepis het. Maar die fok weet, dis irriterend kinderagtig. En more oormore, wanneer hulle nou weer genoeg aandag gekry het en Kretie en Pletie ge-email het om tog net te hoor of alles nog okay is met die “private” blogger en shame, wie het jou batterytjie raak ge-pp en moet tog nie weggaan nie, want ons gaan jou so vreeslik mis en ag, ignoreer die ou nare, wrede kommentators wat jou so omgekrap het dat jy dit nodig gevind he t om jou ou plekkie te beskerm. O, en JIPPIE, ek is so bly jy is weer terug – dis nou as die “private” weer afgehaal is.

Whoopy Fokkin Twang!

Word fokkin groot! As jy wil goed skryf en niemand mag dit lees nie, skryf dit op jou persoonlike rekenaar. Moet dit nie die internet instuur en dan skielik wil beskerm nie. As jy wel ‘n blog wil hê, vir die mooiheid of wat ookal, maar jy wil nie met ander mense interaksie hê nie, sit jou kommentaar af en moet ook nie gaan kommentaar lewer op ander blogs nie. Dis soos “unrequited love”. Mense sal jou gou genoeg uitlos as hulle geen reaksie van jou kry of by jou kan los nie.

As jy regtig nie meer wil verder blog nie en jy wil ook nie jou blog net laat lê nie, export jou inskrywings en delete die donnerse ding. Want wat is die punt van ‘n “private” blog wat jaar in en jaar uit net daar lê?

Ek het ‘n teorie en ek WEET ek gaan nou op tone trap, but hey, check the worry in MY eye. Dié wat hulle blogs so oop en toe en oop en toe –  is fokkin aandagvrate. As hulle nie meer genoeg aandag kry nie, dan “private” hulle gou ‘n bietjie, net om te sien of iemand hulle tog darem mis. Shame. Kry ‘n donnerse lewe, toe.

CA 449 007

2009 September 18
by Sins

Ek wou hierdie blog met ‘n heel ander inskrywing begin, maar ek was vanoggend so de bliksem in, jy sou kon sweis met my. Ek raak soms so opslag kwaad dat ek maklik iemand se harspan sal inslaan en agterna dink dit was dalk bietjie extreme.

Jy, Mnr CA 449 007, met jou swart BMW 330Ci afslaankap – is jy en daai Apteekkop wat langs jou gesit het, verhewe bo fokken goeie maniere of dan net doodfokkengewone respek vir ’n ander mens? Toe die koerantverkoper nie gou genoeg die kleingeld kon uithaal nie en die robot groen slaan, WAS DIT REGTIG FOKKEN NODIG VIR JOU VROU/MEISIE/AANHANGSEL OM DIE GELD VIR HOM OP DIE TEERPAD NEER TE GOOI!!!

Die hemel weet, ek wou huil toe ek daai man se gesig sien, terwyl die geld onder die ander motors se wiele inrol. Ek wou jou agterna sit, by die volgende robot langs julle stop, haar deur oopruk en haar ’n paar snotklappe gee. En jou ook sommer een for good measure.

Niemand agter jou was ongeduldig nie, jy kon daai ekstra 5 sekondes geneem het om die geld in sy hand te sit. Verder sit en lees jy toe verder saam met Apteekkop koerant, van robot tot robot en jy hou in elk gefokkenval die verkeer meer op as wat die koop van die koerant dit gedoen het.

Ek weet nie uit watter gat julle gekruip het nie, maar duidelik is daar geld. Net jammer daardie geld kon nie vir julle maniere koop nie en daardie geld sal nooit vir julle respek kan koop nie.

Dis nie hoe jy optree teenoor die mense wat jou kan bevoordeel in die lewe, wat tel nie. Dis hoe jy optree teenoor jou minderes, wat vir my vertel wie en wat jy is. Julle is laer as kreefkak op die seebodem, in my oë.