Slaan oor na inhoud

Ons

Augustus 31, 2010

Wat het van ons geword?

Ek wonder of jy soms in my oë kan sien dat ek jou nie meer lief het nie. Ek is lief vir jou, ja, maar ek het jou nie meer lief nie. Somtyds wil ek nie meer by jou wees nie. Nie soos wat ‘n vrou by haar man moet wil wees nie. Somtyds wil ek nie eers huis toe kom nie.

Ek bly nie by jou omdat ek jou nodig het nie. Ek kan vir myself sorg, het nog altyd vir myself gesorg. Eintlik weet ek nie meer hoekom ek by jou bly nie. Jy het my verneuk, jy lieg vir my al dink jy nie ek weet jy lieg vir my nie. Jy kan nie met mense oor die weg kom nie, hulle is altyd verkeerd of daarop uit om jou in te doen of iets dergeliks.

Voor ek jou deel van my lewe gemaak het, was ek altyd oral welkom. Ek het altyd gelag en die lewe was my speelgrond.

Jy het my lag gesteel. Jy het baie redes daarvoor. Jy gee my die skuld vir van die redes, maar ek weet en jy weet jy is die grootste rede. Jou minderwaardigheid is die grootste rede, al steek jy dit weg agter jou bravade en groot ego.

Ek kan nie help vir jou verlede nie, vir die dinge wat verkeerd geloop het nie. Ek het jou toe nie eers geken nie. Maar vir jare maak jy my die asblik van jou einas.

Nou, na al die tyd, wil jy dinge met my regmaak, reg lewe. Omdat jy sien ek wil weghardloop. Omdat jy sien ek weet nie meer of ek wil nie. Daar was ‘n tyd wat ek wou. ‘n Tyd wat ek enigiets sou gegee het om te weet ek is die belangrikste mens in jou lewe.

Daardie tyd is verby. Ek dink nie ek wil meer by jou wees nie. Ek weet egter ook nie waar anders om te wees nie.

3 Kommentaar leave one →
  1. Wilhelm permalink
    September 14, 2010 12:25 vm

    Baie diep, intelligent .
    Het my laat dink oor hoe my vrou oor my voel .
    Nie dikwels dat iets so gou persoonlik kan voel nie.
    Jy het talent.
    Dankie.

    • September 15, 2010 12:21 nm

      Dankie Wilhelm. Ek wil jou baie dinge vra, maar ek weet nie eintlik waar om te begin nie. Hoekom sien mens altyd “in hindsight” dat jy anders teenoor ‘n geliefde moes opgetree het?

  2. Dion permalink
    September 15, 2010 3:51 nm

    Ek het tot dieselfde slotsom gekom so paar jaar gelede. Ek het ‘n afspraak met my vrou gemaak, haar uitgeneem en haar al my geheime vertel. Sy was stomgeslaan oor sekere dinge en het tyd nodig gehad om als te verwerk, maar dit het ‘n tendens geskep waar dit die manier van ons verhouding vandaaraf was. Ons het belowe om mekaar te laat weet as iets ons pla, selfs klein dingetjies soos: die manier wat jy jou oë knip het ‘n aanwendsel geraak en dit lyk dalk nie so goed nie. Al die dingetjies help ons om meer te weet van die ander, en om te weet hoe ver sekere dinge geneem kan word. Dit het ‘n vertroue geskep waar ons – sonder om alewig te probeer om mekaar te verander – ons mekaar beter kan aanvaar, want dit maak ons bewus van ons eie tekortkominge; op ‘n liefdevolle wyse natuurlik. Dit laat mens ook baie verlig agterna – daar is nie heeltyd hierdie swaard van ongelukkigheid oor ons nie.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Connecting to %s

Follow

Get every new post delivered to your Inbox.