Slaan oor na inhoud

Jy, by die robot

September 1, 2010

Jy het vir maande by dieselfde robot gestaan. In die reën, in die koue, in die wind, in die stof, in die son. Toe raak jy weg. Ek het gewonder of jy iets oorgekom het of dalk siek is. Of dalk ‘n werk gekry het. Gisteroggend sien ek jou toe weer, by ‘n ander robot. En vanoggend weer, so in die reën.

Jy lyk nie soos die ander robotbedelaars nie. Jy is nogal aantreklik, altyd skoon, jou langerige blonde hare is altyd gekam en redelik netjies, as mens soms die wind in ag neem. Jou klere is nie nuut nie, maar dis netjies. Jy dra tekkies, maar dis nie vuil, wit tekkies soos baie ander s’n nie.

Hoekom het jy nie ‘n werk nie? Het jy kinders of ‘n vrou? Wat is jou storie? Want ons het almal ‘n storie. As ek joune hoor, sal ek dink dis jou eie skuld dat jy daar staan of sal ek simpatie hê met jou? Pla jy my so net omdat jy wit is?

Vanoggend het ek my toebroodjie geld uit my sak gehaal en vir jou gegee. Ek gee nie vir bedelaars geld nie, maar vanoggend het my hand dit gedoen voor my verstand kon by kom. Ek weet nie hoekom ek dit gedoen het nie.

Al die ander dae kon ek van ver af ook sien dat jy besonderse oë het, maar vandag het ek van naby direk in jou oë gekyk, die mooiste blougroen oë.

Jou oë het my aan iets herinner, maar die onthou het my bly ontwyk. Toe ek netnou my tee drink, sonder my broodjie, onthou ek skielik. Jou oë lyk soos Liewe Jesus s’n in die Kinderbybel prentjies.

Iewers in die Bybel staan iets soos: “wat jy aan die minstes van My kinders doen, doen jy ook aan My.”

Ek wonder of jy een van Sy kinders is.

Een Kommentaar leave one →
  1. September 6, 2010 7:20 nm

    Sjoe! Pragtig geskryf. Ons het ‘n paartjie wat so nou en dan deur ons dorp “toer” en dan kom slaap hulle in die parkie naby ons huis. Sommer so in die oopte… winter en somer. Dan wonder ek ook so oor hulle.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Connecting to %s

Follow

Get every new post delivered to your Inbox.