Doodgewoon
September 4, 2010
Middelmatig. Dis wat sy altyd sal wees. Goed met alles, maar nooit die beste nie. Skryf mooi, maar nie goed genoeg om ‘n boek te skryf nie. Sing mooi, maar nie mooi genoeg om ’n CD te maak nie. Is mooi, maar nie mooi genoeg om beeldskoon te wees nie. Is slim, maar was nooit die slimste in die klas nie.
Altyd net te kort geskiet om die beste te wees. En eendag, as sy dood is, waaraan sal sy onthou word? Dat sy doodgewoon was, maar dat iemand haar tog liefgehad het, op ‘n doodgewone manier.
Is dit uiteindelik die lewe? Alles net so doodgewoon.
10 Kommentaar
leave one →



Kyk nou net hoe raak beskryf jy my
Hopelik sal mense haar onthou nie vir wat sy was nie, maar vir hoe sy hulle laat voel het.
anna, jys nie gewoon nie… dood gewone mense het dood gewone kinders en jou ou middel kind is alles behalwe…
Dankie vir jou spore hier.
Dit is baie belangrik hoe mens ander mense oor hulself laat voel en dalk is mens dan tog nie so doodgewoon soos wat jy dink nie
Mense het my ook sulke dinge laat voel, en net voor ek hulle begin glo het, het ek almal in hulle moer gestuur – nou voel ek baie beter. Probeer dit!
Dankie Dion, jy laat my sommer beter voel
Dis asof ek die artikel geskryf het – ek het al baie daaraan gedink.
Ja Stefanie, maar dalk weeg ons onsself te swaar.
ek het altyd gedink ek het n talent vir slryf, die een ding wat my sussie en my boettie nie kan doen nie… toe draai dit uit dat my boettie n beter skrywer is… ek het altyd gedink ek kan goed kos maak… toe draai dit uit dat my sussie meer kriatief in die kombuis is… ek het 3 span hokkie gespeel was my hele lewe in die b klas en het as n middel klas blanke groot geword… ek dra n nommer 6 skoen en is 1.7 meter lank meer doodgewoon as dit kry jy nie… alby my sussie en boetie het die skool koor en revue gehaal, ek was maar die suflese (persoon wat vir die akteurs hulle lyne lees as hulle vergeer) in die skool toneel en ek het gewoonlik maar 1 of 2% bo of onder die klas gemiddeld gekry… baie dood gewoon…. maar hier binne my lewe n buite gewone talentvolle geniaal wat net wag om uit te breek… wag nou net vir daai buite gewone geleentheid om dit te doen
Ai tog Johanna! Sulke snert het ek lanklaas gehoor… of vis jy vir komplimente. Spontaan, kreatief, hardegat, gat-af-lag snaaks, survivor, frustrerend, ens., ens., maar doodgewoon… nie maklik nie! Onthou bietjie wie het haar bestuurslisensie met die eerste probeerslag gekry
Ons voel maar almal soms so… NOT GOOD ENOUGH!! Maar weet jy, as jy in jou gegewe omstandighede jou BESTE doen, met dit wat jy tot jou beskikking het, is jy BESLIS NIE DOODGEWOON NIE! Dan is jy UITERMATE goed!!! En ek ken jou nie, maar ek dink dit is WEL SO!! Mooi dag!!! (Baie dae moet ek myself ook maar net so moed inpraat soos wat ek nou vir jou gedoen het!!)Ons moenie onsself aan ander se standaarde meet nie – dis gewoonlik maar skewe standaarde!!