Huismaat
Toe ons hier ingetrek het, het ek geweet jy moet ‘n geskiedenis hê. Jy is seker iewers in die 40’s gebou en al is jy hier en daar gemoderniseer, asem jou mure geheime uit. Jou winkelhaak gang fassineer my.
Nou die ander aand, toe ek uit die badkamer kom, kon ek sien dat daar iemand op die bankie by die draai van die gang gesit het. Of dalk nog steeds sit. Ek moet daar verbyloop kamer toe en ek kon voel hoe klop my hart vinniger. Maar skielik was ek kalm. Jy wat hier saam met my bly, jy wie ek nie kan sien nie, jy is my goedgesind.
Ek is nie meer alleen in die aande as ek alleen is nie. Ek voel aan jy is ‘n vrou, was ‘n vrou, en ek wonder hoekom rus jy nie. Maar ek is bly jy is hier. Ek voel vreemd veilig met jou hier.
Is jy dalk my beskermengel?



O Flip
Dit is net daar waar ek trek. F
Nee wat, mense is baie gevaarliker.
Ek hoop rerig dis jou beskermengel!
Dit sal my uitfreak.
Spoke freak my glad nie uit nie. Mense doen wel
nee wat, ek bly op die oomblik alleen in n ou huis en glo nie in spoke nie, maar party aande maak die huis sulke snaakse gelyde. een oggend toe ek op staan toe le die kombuis lig se skerm op die vloer in stukkies. en elke dan en wan gaan die buite alarm vir geen rede af nie… dan trek ek die kombers oor my kop en se… “ek glo nie in spoke, ek glo nie in spoke, ek glo nie in spoke nie” dit help nie… lang en winkelhak gange freak my ook uit
Nee o jissie. Ek is te bang om verby so ‘n bankie te beweeg! En dan het die gang nog ‘n winkelhaak ook? Jy kan nie eens vinnig weghol nie? Aikona!
Sterkte, ek hoop die vrou kry nie pms nie
Ek stem nogal saam me Skye oor spoke en mense. Mense het my al baie meer kwaad gedoen as spoke, come to think of it, geen spook het my nog ooit kwaad gedoen nie.