29-09-1990
Hoe kan ek ooit beskryf wat met my in daardie oomblik gebeur het? ‘n Duisend stukkies van die vesel van my diepste ek, uit al die jare van my lewe, het in een oomblik in volmaaktheid saamgevloei. ‘n Duisend skerwe wat my iewers in my gisters aan my hart geraak het, het saamgevloei om in daardie oomblik my liefde te word. Dit was ‘n seermaakding, te groot vir my gemoed.
Sonder om een enkele keer na jou te kyk, het ek van elke lyn van jou geweet. Jou mond, jou hande, jou oë. Daardie aand was net die feit dat jy leef vir my genoeg. Dat ek jou kon ken, soms na jou mag kyk, naby jou kon verbyloop.
Die seer verlange het later gekom. ‘n Seer so groot dat ek my nie daarvan kon losskeur nie . Maar ek moes, ek moes!



En volgende keer doen ons dit maar weer, nê? So ‘n fyn lyn tussen liefde en ‘n hele paar ander emosies.